"Hiermee wil ek julle net bedank vir die afgelope jaar se hulp en diens, julle het regtig vir my baie beteken die jaar en ook 'n groot rol gespeel in die sukses van TBS Brokers die afgelope jaar."
- Kevin Stephens, TBS Brokers
"Ek wil net eers baie dankie se vir die lekker vloei van werk met julle. Dit is ongelooflik lekker en maklik om met julle besigheid te doen en die vriendelike staff maak dit net n plesier vir my."
- Marieke Leeuw, Integrated Financial Services (October 2020)
"Ek wou sommer net vir julle almal sê, baie dankie, baie dankie dat julle altyd so vinnig op ons eise reageer, ons kliënte se belange op die hart dra en altyd staat op gemaak kan word. Julle is stêrre. Dankie dat julle ons opdrukkerigheid verduur en steeds so vriendelik en profesioneel is. Julle verdien meer krediet as wat julle daagliks kry."
- Tania Eelders, GDL Financial Services (April 2019)
"Congratulations to the MSBIA team with their well deserved awards. It is only a well motivated, organised and committed organisation that can achieve an award of this status. 'LEARN, EARN, RETURN these are the 3 phases of life'. Keep the good work up."
- Johan Goosen (April 2019)
"Graag wil ek net baie dankie sê vir die persone wat wysigings en hernuwings doen. Lekker spoedige terugvoer wat ons kry. Weinig wat iets teruggestuur moet word en die wysigings word noukerig gedoen. Doen so voort asb."
- Marius Ackerman, Octofin
"Net om terugvoering te gee oor diens wat ek ontvang het die afgelope maand, baie dankie vir jou Niel wat opvolg en uit jou pad gaan om alles so glad as moontlik te laat verloop! Jou diens is puik! Met die ander wat ek self mee te doen gehad het is Frank wat ook alle ondersteuning gee om 'n kwotasie so goed as moontlik te kan maak dat alle partye voel hul sit in 'n wen wen situasie."
- Pierre Fourie, Ezi-Brokers Bethlehem
"Ons kantoor in Aliwal-Noord is baie gelukkig met die diens wat ons by MSBIA kry. Daar is die groot staatmaker – Frank sonder hom kan ons nie! Hy is altyd daar om een of ander probleem te help oplos. Henriette al vele kere gehelp het met uitreik van dringende polis. Die girls by eise en admin ons waardeer julle almal: Deonette, Bradicin, Melissa, Tracy, Deirdre en Alma julle help ons almal baie mooi."
- Madeleine de Wet, GDL Financial Services
"Baie dankie vir uitstekende diens, die tyd van die middag – word waardeer."
- Phillip van Rensburg, Algoa Insurance Brokers
"WOW you guys are fast!"
- Corrie Erasmus, Obaro Makelaardienste
"Ek wil uit my hart dankie sê vir elkeen by jul kantore vir die uitstekende diens. Sien uit om nog baie jare ‘n pad met jul te stap."
- Gwen Janse van Vuuren, Mantella Insurance Brokers
"I really don’t know if I would have made it through this enquiry/amendment and quote without your assistance. You don’t know how much your assistance meant to me. Really. I really really appreciate it."
- Mari Momberg, Genfin (February 2020)
"Thank you so much for your fast and great assistance, it is greatly appreciated and comforting to know that you have people, that will go beyond to assist you in any matter. You are a start as you don’t always get this awesome support."
- Eunice Ewers, Strata Insurance Brokers
"Ek wil graag op die voorhand van die naweek net vir al die eise dames BAIE DANKIE sê vir julle uitstekende diens. Julle maak dit ‘n plesier om besigheid met julle te doen. Keep up the good work!"
- Tania Beech, Gert Goosen Brokers
"I have been interacting with different members from MSBIA and the service I have received with regard to accuracy and turn around times have been impeccable. Please convey my appreciation to all the relevant people working behind the scenes where service usually goes unnoticed. I hope you go from strength to strength."
- Norma Newman, Dux Solutions